Posted on

Meer as ‘n Metafoor is launching!!

Don’t miss the launch of the incredible work Meer as ‘n Metafoor written by Maryna Blomerus taking place this Saturday.

 

meer as n meatfoor

 

Moderne wetenskap bevestig vandag wat filosowe vir eeue reeds verkondig, naamlik dat die wêreld ‘daar buite’ en die beelde wat ons in ons koppe daarvan ronddra, totaal verskillende werklikhede is. Hoe hulle verskil, is die reis waarop Maryna Blomerus haar lesers in Meer as ’n Metafoor wil neem.

 

Die verstommende gevolgtrekking waartoe Meer as ’n Metafoor kom, naamlik dat die heelal ’n rekenaar-gegenereerde hologram is, word deur die teorieë en eksperimente van sommige van die grootste geeste in die wetenskap ondersteun. Die rekenaar-metafoor verskaf ’n nuttige analogie om te demonsteer hoe baie van die natuur se ‘paranormale’ eienskappe as ‘doodnormaal’ verduidelik kan word aan die hand van hierdie metafoor. Die vraag waarmee die leser egter gekonfronteer word, is of die analogie nie meer is as ’n metafoor nie, en of die heelal nie reeds die soort superintelligente, kunsmatige intelligensie is wat trans- en poshumaniste vandag glo in die nabye toekoms gebou sal word nie.

Meer as 'n MetafoorMeer as ’n Metafoor ontsluit die diepte en krag van ’n heelal wat volgens die beginsels van selfverwysing en holisme, soos uitgelê deur Jan Smuts in Holism and Evolution, in beheer is van sy eie ewolusie, en redeneer dat die mens die kollektiewe oog is waarmee hierdie heelal homself ken, waarneem en voortdurend herskep.