Afval

Afval en Afvalligheidjies

R250.00

Author: Dine Van Zyl

Published: 2011

ISBN:  9780797100121

Format: Portrait; 220mm x 140mm; Paperback

Pages: 179

Category: Cookery

 

Dine van Zyl se kosboeke lees soos storieboeke, met staaltjies en vertellings van oumense. “Afval en Afvalligheidjies” is geen uitsondering nie, en die leser kan pens en pootjies (verskoon die woordspeling) in die bed lê en lees.

Daar was ‘n beperkte oplaag van “Afval en Afvalligheidjies” in 1983 en die boek het ‘n versamelstuk geword, miskien nie net vanweë die resepte en kulturele waarde daarvan nie, maar ook omdat dit op baie plekke tong-in-die-kies geskryf is (ag nee, al weer woordspeling).

Daar is destyds baie navorsing gedoen vir die boek, en Dr. Hester Claassens verwys herhaaldelik hierna in haar “Die Geskiedenis van Boerekos in Suid-Afrika”.

Die boek is vol tradisionele en interessante resepte, met wenke en opmerkings wat deur interessante karakters gegee word. Dit is weer ‘n beperkte oplaag vir ‘n nis-mark, spesiaal herdruk weens die aanvraag. Moenou nie agterna kom vra as dit reeds uitverkoop is nie.