Agter

Agter die lekker aan

R250.00

Author: Dine Van Zyl

Published: 2014

ISBN:  9780620380201

Format: Landscape; 250mm x 220mm; Paperback

Pages: 196

Category: Cookery

 

“Agter die lekker aan” is vir mense wat hunker na regte kos. Mense wat gerus voel as skaapskenkels op die stoof stowe, karringmelkpoeding in die oond bak en appelkose soos jongmeisieboudjies stuitig in die witblits lê.

As jy ver paaie loop en die sagte gesing van ‘n ribbetjie op die kole hoor, of die wasige geur van ryp perskes ruik, of ‘n potjie sien prut en skelmpies ‘n salige stukkie proe, dan onthou jy wat saak maak in die lewe. Kos wat nie net op die tafel verskyn nie, maar waarvan jy die skeppingsproses ervaar het – van die pluk, tot die skil, toto die kook, tot die eet.

“Agter die lekker aan” is vol staaltjies en resepte, wenke en humor. Dine van Zyl vat die smul-leser op ‘n nostalgiese toer deur die kos wat ons liefhet en die dinge wat vir ons saak maak.