Briewe van Pieter Blum
R280.00
AUTHOR J.C. Kannemeyer
ISBN 9780620426954
PUBLISHED 2008
FORMAT Portrait; 160mm x 230mm; Hardback
PAGES 346
CATEGORY Biography
Pieter Blum, die digter wat in die jare vyftig van die vorige eeu meteories aan die literere firmament verskyn en net so vinnig en onheilspellend weer verdwyn het, kan met sy oorspronklike beelding en neologismes as die herout van Sestig gesien word. In sy briewe, wat hy tot die voorste literere figure van sy tyd rig, kry die leser die reaksie van ‘n uiters gevoelige seismograaf van die Afrikaanse literere bedryf wat met sy sterk demaskerende ingesteldheid geen eerbied gehad het vir mense in besondere posisie nie en bereid was om sonder skroom heilige huisies omver te stoot. Dit is ‘n sterk kreatiewe gees wat in hierdie briewe aan die woord is, met ‘n sinisme en geestigheid in sy aanslag en met ‘n liggaamlike drif wat geen wag voor sy mond duld nie. Daarby is dit deur ‘n geestig-ironiese optiek, speelse aanslag en verbluffende spel met die taal ‘n plesier om mee kennis te maak.