Briewe van W.E.G. en N.P. van Wyk Louw 1941-1970 cover

Briewe van W.E.G. Louw en N.P. Van Wyk Louw

R280.00

AUTHOR J.C. Kannemeyer

ISBN 9780987002228

PUBLISHED 2011

FORMAT Portrait; 160mm x 230mm; Hardback

PAGES 576

CATEGORY Biography

Die briefwisseling tussen Van Wyk en W.E.G. Louw vanaf 1941 tot met Van Wyk Louw se dood in 1970 strek oor ‘n periode van bykans dertig jaar. Die korrespondensie, waarby ook enkele briewe van Truida Louw aansluit, beslaan ‘n totaal van 226 briewe, poskaarte en telegramme ingesluit.

Naas die vriendskap – en soms ook die verskille en spanninge as gevolg van die verwydering tussen Van Wyk Louw en sy vrou, Truida – gee die briewe ‘n belangrike blik op die strominge binne die Afrikaanse geesteslewe in ‘n belangrike periode in die literatuurgeskiedenis.

Hoewel die briewe oorvloedige bewys lewer van hoe kleinlik en benepe die rusies in die literere geledere kon woed, is daar by albei broers die ideaal om ‘n literatuur te skep bo die lokale van ‘n kolonie uitgaan en waarmee Afrikaans met die groot Europese literature kon meepraat.

– Prof. J.C. Kannemeyer

 

 

Category: