Dag van Wraak

R220.00

AUTHOR HERMAN BEUKES

ISBN 9781776055210

PUBLISHED 2018

FORMAT PORTRAIT; 148MM X 210MM; PAPERBACK

PAGES 264

CATEGORY FICTION

’n Jong vrou ontsnap uit ‘n huis van plesier en beland in die hospitaal met geheueverlies.

‘n Onbekende meisie se naakte lyk word langs die snelweg gevind. ‘n Bekommerde ouma soek na haar kleindogter wat spoorloos verdwyn het.

Al hierdie oënskynlike onverwante gebeure sit die bal aan die rol vir die konfrontasie wat gaan volg. Is daar ‘n verbintenis tussen hierdie sake en die Groot Vyf-organisasie, of is dit alles toevallig . . .?

Sal Elaine de Wet daarin kan slaag om hul vergelding vry te spring as hulle uitvind sy lewe nog, of gaan sy die prys betaal vir haar verraad? Gaan die tergende geheim uit haar verlede haar uiteindelik inhaal voordat die gordyn sak oor die laaste toneel, of gaan sy uiteindelik haar dag van wraak kry?

Is die Organisasie gedoem, of gaan hulle weer die gereg ontduik? Wie gaan as oorwinnaars uit die stryd tree?

Net die tyd sal leer . . .

Herman Beukes het lank in die telekommunikasiebedryf gewerk en woon tans aan die Oos-Rand. Hy het in 2017 sy eerste onafhanklike roman uitgegee, met die naam Meisie van Mont Blanc. Dag van Wraak is ‘n vervolg op hierdie spanningsroman vol intrige.