Die Groot Boerekos Boek

R330.00

Author: Dine Van Zyl

Published: 2014

ISBN:  9780620502788

Format: Portrait; 290mm x 210mm; Hardcover

Pages: 224

Category: Cookery

 

Boerekos stap saam met nostalgie. ‘n Resep staan nie op sy eie nie, hy het ‘n aanloop en ‘n omte. Waar kom dit vandaan? Hoekom het ons sekere gebruike? In hierdie pragboek kan jy dit alles lees. Daar is boonop beproefde resepte en kleurfoto’s van ons tradisionele kos.
Nadat Dine van Zyl “Die Groot Boerekosboek” geskryf het, was sy die gasvrou op die gewilde KykNet-program, “Boerekos met Dine van Zyl”. Hierdie boek handel nie oor die program nie, hoewel daar oorvleueling is. Boerekos is boerekos. Jy gaan steeds boontjiebredie en bobotie kry, maar hierdie resepte is Dine se eie resepte, oor en oor beproef, met wenke en wyshede en die dinge wat die oumense gesê het. Dit gaan hier oor die beste van boerekos: die beste bobotie, beste frikadelle, beste souskluitjies.
“Die Groot Boerekosboek” is geskryf en word uitgegee deur Dine van Zyl. Dit is slegs in hardeband beskikbaar, want dit gaan ‘n erfstuk raak.

Out of stock