Die Stadsfeetjies

R120.00

Description

Skrywer – Nixie Anker

Kunstenaar – Morgwyn Fourie

ISBN – 9780981416885

Formaat – Sagteband, Portret, 168mm x 245mm

Bladsye – 24

Hoe dink jy lyk ’n feetjie?

Maak vir ’n rukkie, net daar waar jy sit, jou oë toe. Dink terug aan alles wat jy al ooit oor feetjies geleer het. Probeer nou voorstel hoe hulle lyk. Dink ’n bietjie daaroor …

Persoonlik dink ek feetjies kan lyk nes hulle wil, of liewer, net soos ons wil hê hulle moet. Miskien gebruik hulle daardie einste gedagtes wat jy nou net gehad het om hulself aan ons te openbaar. Of dalk verskyn hulle in die natuur as ’n element van water, wind, vuur of die aarde.

Deesdae is daar egter min woude en velde oor tussen al die woonstelblokke en huise wat orals paddastoel.

Wat het van die feetjies geword wat eers in die woude gebly het?

En wat gebeur wanneer hierdie feetjies vergeet waar hulle vandaan kom?