Ek Skryf Met Bloed en Bene

R290.00

AUTHOR: LOUISE PUNT-FOUCHE

ISBN: 9780620775922

PUBLISHED: 2017

FORMAT: PORTRAIT; 225MM X 228MM; HARDBACK

PAGES: 96

CATEGORY: POETRY/ART

Die digbundel, EK SKRYF MET BLOED EN BENE  is deurspek met webwoorde, woordbeelde , Kafka en Nietzsche wat hande vashou en draf deur ‘n vrou se mymeringe van haar onmiddelike leefwerêld se ontvouing in ‘n komplekse land.

Dit bestaan uit gedigte, gedagtes, mymeringe, drome, aanhalings van beduidende leermeesters in Louise se lewe en beelde wat saam met die woorde sing en dans in beide tale.

Hierdie bundel is ˊn versigtige samestelling van jare se skryf en teken en wonder. Hierdie gedigte se woorde en troos-ritmes lê diep in die hart van die digter geslaan en vertel van direkte ervarings van haar interaksies met die wêreld.

Dit is eerlik en het integriteit.

Louisa Punt-Fouche (D.Phil), is ‘n kliniese sielkundige wat kuns maak en skryf. Haar belangstelling in die numineuse in die natuur, Jung se verkenning van die argetipes van die onbewuste en hoe dit manifesteer in die simboliese evolusie van die mensdom se spirituele geskiedenis, kenmerk haat akademiese en kreatiewe werk, op beide die vlakke van beeld en proses. Haar kunswerk is al uitvoerig in enkel- en groepsuitstallings uitgestal.

Ander boeke wat sy geskry het. sluit in Webs of Enchantment, Daar is kewers in my ruggraat, Skaarser-As- Skaars Owerkonyn en Rarest Riverine Rabbit. Sy het al die illustrasies van al die boeke gedoen.