Jy bly my kind cover

Jy Bly My Kind – ‘n Ware Verhaal

R160.00

AUTHOR Lidia Theron

ISBN9780620351133

PUBLISHED 2005

FORMAT Portrait; 143mm x 212mm; Paperback

PAGES 157

CATEGORY Biography

Hoe reageer ‘n ma wat uitvind dat haar dogter verlief is op ‘n meisie – of haar seun op ‘n ander seun?

Hoe troos sy haar man wat uitroep: “Ons het ons kind verloor!”?

Hoe hanteer sy vrae soos: “Wat sal die mense se?” of: “Wat het ons as ouers verkeerd gedoen?”

Hoe verwerk sy die skaamte en skuldgevoel wat hiermee gepaard gaan?

Waar staan sy as gelowige teenor haar kerk?

“Ek skryf hier uit my hart uit my eie verhaal van hoe ek so ver gekom het om my kind onvoorwaardelik te aanvaar,” se die skrywer Lidia Theron. “Omdat ek en my man die hartseer en eensaamheid ken wat so ‘n situasie meebring, is dit ons wens dat die lees van hierdie boek vir ander gesinne in soortgelyke omstandighede sal hoop gee.”