Kitare en ander snare – Ollie Viljoen vertel

R180.00

AUTHOR Olie Viljoen

ISBN 9780992221942

PUBLISHED 2014

FORMAT Portrait; 152mm x 2328mm; Paperback

PAGES 206

CATEGORY Biography

“Eintlik is my hele lewe in twee gedeel. Voor Spies en Plessie en na Maak ‘n Las. As gevolg van hierdie twee TV-programme het ek die hele wereld leer ken! En die mooiste mense. Dis waaroor hierdie boek gaan. Die mense. En hulle stories. En dan het ek ‘n paar rympies en ‘n klompie ou foto’s bygevoeg.” – Ollie Viljoen

Die naam Ollie Viljoen is lank reeds volksbesit. Hy is bekend as veelsydige musikant en vermaaklikheidster, sonder twyfel een van die grootste stimuleerders van die storieverteller- en boeremusiektradisie in Afrikaans.

Oor ‘n tydperk van dertig jaar was Ollie regisseur van gewilde TV-programme soos Kom kuier saam, Spies en Plessie, Maak ‘n las, Kyk-innie-pot en die Boereorkes-kompetisie. Sedert 1994 tree hy ook op in Stoepstories, waar hy storievertellers aan die publiek bekendstel. Boonop is Ollie ‘n radiopersoonlikheid, geliefd vir sy Boeremusiekprogram op RSG.

Ollie Viljoen word in Afrikanergeledere beskou as ‘n ikoon en groot liefhebber van sy moedertaal. Sy eerste publikasie, Kitare en ander snare – Ollie Viljoen vertel, bevat ‘n versameling stories, staaltjies en insidente uit sy loopbaan, asook meer as twintig van sy gedigte, wat hy rympies noem.

Category: