Kwakke, Kwinte & Kwale

R175.00

Description

Alternatiewe medisyne bestaan nie, net medikasie wat werk en medikasie wat nie werk nie. Maar as Oprah Winfrey, prins Charles en kruiekoningin Antoinette Pienaar onsin oor alternatiewe terapieë verkondig, hoe skei jy die kaf van die koring? Die wetenskapjoernalis en dosent George Claassen ontleed die intellektuele bedrog van aanvullende en alternatiewe genesers en hoe hulle nie deur regulasies in Suid-Afrika aanspreeklik gehou word vir die kwaksalwerbehandelings wat hulle aanbied nie. Hy bewapen ons met ’n onsinverklikker om kwakke en gesondheidsbedrieërs se twyfelagtige aansprake oor siektes te ontbloot en te herken.

George Claassen is professor in wetenskapjoernalistiek en media-etiek aan die Universiteit Stellenbosch en was die eerste president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wetenskapjoernaliste. Sy vorige boek, Geloof, Bygeloof en Ander Wensdenkery – Perspektiewe op Ontdekkings en Irrasionaliteite, was ’n topverkoper.
Met respek, George Claassen kan beskou word as ‘die Ben Goldacre’ van Suid-Afrika. Hy deins nie terug om produkte en handelsmerke en die mense agter hulle te ontbloot nie. Meer as dit, die boek is ’n fassinerende leeservaring …

Hy maak al lank ’n studie van bedrieëry en pseudowetenskap en neem waar hoe dit misbruik word om prulprodukte aan verbruikers te verkwansel. Hier het hy pragtig daardie kennis versamel in ’n hoogs leesbare en genotlike formaat wat opvoed, bemagtig en Suid-Afrikaners sal help om wyse besluite te neem.
– Dr. Harris Steinman, redakteur en skrywer van CAMcheck

Dit is my oortuiging dat die lesers van hierdie boek deeglik bewus sal word dat die skrywer ons almal ’n groot guns bewys het.
– Dr Edwin Hertzog, voorsitter, Mediclinic Internasionaal

Title Kwakke, Kwinte & Kwale

SKRYWER George Claassen
ISBN 978-0-9814168-9-2
PUBLIKASIE DATUM 2014
FORMAAT Portret; 190mm x 245mm; Sagteband
BLADSYE 140
KATEGORIE Wetenskap | Gesondheid