Martha – ‘n Verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford

R195.00

AUTHOR Winnie Rust

ISBN 9780620324762

PUBLISHED 2004

FORMAT Portrait; 153mm x 217mm; Paperback

PAGES 222

CATEGORY Biography

Martha Solomons is ‘n eenvoudige vrou, die dogter van ‘n vrygestelde slaaf.

Harry Grey is ‘n gewese priester uit die Britse adelstand, wat weens wangedrag na die Kaapkolonie van die middel-negentiende eeu gestuur word.

In die dorre Namakwaland kruis hulle paaie en onstaan daar ‘n liefdesband wat hulle deur die kontrasterende landskappe van hulle lewens bybly.

Martha is hulle meesleurende verhaal.

“Hierdie roman kan ‘n trotse plek in die galery van historiese romans verower.”

– DR. JEANETTE FERREIRA

Winnie Rust kom uit ‘n skrywersfamilie. Haar vader, C.P. van der Merwe, ‘n jonger broer van Boerneef, was onder andere skrywer van baanbreker-taalhandreekse vir Afrikaans.

Winnie het vroeer tydskrifverhale en bydraes vir vroue-  en tienderdagboeke geskryf. Later kortverhale is in literere tydskrifte gepubliseeren die Literaprys vir debuterende skrywers is twee keer aan haar toegeken – vir haar verhale Queen Elizabeth (1999) en Trek aan jou klere, Boeta (2001). Martha is haar eerste roman.

Category: