‘n Bek Vol Strandveld

R250.00

AUTHOR PIET VAN AS

ISBN 9780620793933

PUBLISHED 2018

FORMAT PORTRAIT 151MMX 222MM PAPERBACK

PAGES 176

CATEGORY FICTION

Piet van As is die Strandveld se bobaas storieverteller en nadat hy vir jare sy stories aan ander skrywers “geleen” het, is hy uiteindelik self aan die woord. Met hierdie versameling van sy stories, gedigte en briewe skets Piet vir die leser die uniekheid van die Strandveld se mense en omgewing in sy eie unieke skryfstyl. Piet Praatjies, soos hy ook bekend is, se besondere illustrasies is met hul kenmerekende humoristiese styl kunswerke in eie reg.

As jy Piet van As se stories lees of by kan sit wanneer hy self aan die woord is, weet jy hoe hy sy hartswereld deur en deur ken. Die bloed in sy are is sout seewater, vleibos en alikreukel. Kortom, met sy stories en sy “prentjies” is hy regte, egte Strandveld mens. Sy stories is onderhoudend en lewenswarm. Hy erken self dat sy vertellings van bitter-soet onthou-verhale, terugverlangverhale is – “hartseerverlange” na ‘n tyd wat was. Dis wat sy “onthoue na vore” bring. Dis hierdie besondere mense van die Suidpuntstreek wat Piet in sy stories weer lewend maak. Hulle praat hul eie taal, vertroetel hul oorlewinge en folklore met ‘n kenmerekende en verkwikkende humour. Piet en sy mense is wat hulle is – niemand kan of wil hom anders voordoen as wat hy is nie. – Amanda Botha.