Ons Camino

R295.00

Author: Pienkes du Plessis

Format: Paperback

ISBN: 9780620733069

Pages: 163

Publisher: Kopiereg

Published: November 2016

 

Die Camino is ’n pad, ’n weg, in Spaans. In hierdie geval die wêreldbekende pelgrimspad na Santiago in die noordweste van Spanje. Dis op hierdie pad dat Pienkes en Lizzie du Plessis in April 2015 hulle begeef en die 330 km van León na Santiago op hulle voete in ’n avontuur omskep wat hulle lewenslank sal bybly. ’n Heuglike avontuur, fisiek uitputtend, spiritueel ’n belewenis, ’n ontdekkingsreis van mites en wondere oor baie, baie eeue heen. Van oorlog en liefde, liegbek-biskoppe en vreeslose minnaars, siekes en verhongerdes, rowers en hoere, biddendes en goddeloses. Sorgvuldig in kerkboeke opgeteken en entoesiasties oorvertel en bygelieg deur kroegmanne met lang voorskote. Platneusnuuskierig teen die venster van die godsdiens beleef hulle hierdie tydlose mistiek van die Camino, waar miljoene in die duisende kerkies bid en in die taphuise drink. Die Camino praat met jou die hele pad, praat met jou binnekantste, herskep dit. Tot aan die einde, en maak jou van vooraf nuut.