Skottel en Spens

SKOTTEL en SPENS: Stories, verse en resepte uit Afrikaanse koskultuur

R285.00

Product Description

In Skottel en Spens word lekker resepte, stories en verse oor kosmaak saam geroer. Die boek is vir almal wat hou van lekker tradisionele Afrikaanse kos en meer daarvan wil weet. En ook van die meubels en ander gebruiksvoorwerpe wat deur die jare saam met die resepte ontwikkel het. Oor grappies en amusante anekdotes wat met die jare ontstaan het, sal heerlik saamgelag word. Die boek is nie net gemik op die kosmaker van die huis nie, maar op al die huisgenote en hul vriende.

Skottel en Spens bied aan sy lesers ‘n heerlike avontuur. Wie weet vandag nog hoeveel ‘n knippie sout in ouma se kookboek was en wat die verskil tussen ‘n knypie en ‘n grypie is. Waarvoor ‘n jammerlappie gebruik en waar kom die naam vandaan. Hoe lyk ‘n ablietjiepan en wie het al Jan-in-die-sak, galopsop of skuinskoek en stadige intrap geproe. Beleef ook saam hoe digters en liedjieskrywers by die alledaagse rondom lekker kos ervaar.

Tussendeur al hierdie heerlike en interessante dinge staan die resepte wat oor drie eeue deel van die Afrikaanse spyskaart geword het, sentraal.

AUTHOR :   Peet du Toit
ISBN :   978062055216
DESCRIPTION :   Portrait; 297mm x 210mm; Pb
PAGES:   272
PUBLISHED : 2013

Read review

Additional Information

Weight 2.550748373479 g

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “SKOTTEL en SPENS: Stories, verse en resepte uit Afrikaanse koskultuur”

Your email address will not be published. Required fields are marked *