Timmie se Droom-Avonture

R180.00

AUTHOR EMMA DE BEER

ISBN 978-0620754354

PUBLISHED 2018

FORMAT PORTRAIT; 200MM X 205MM; PAPERBACK

PAGES 84

CATEGORY CHILDREN

Timmie se droom-avonture handel oor ‘n seuntjie, Timmie, wat met diere kan kommunikeer en boonop oor sy eie beskermengel beskik.

Een aand verskyn sy beskermengel, Wahi, aan hom en deel hom mee dat dit sy taak is om die dierewêreld van uitwissing te red.

Timmie kry ‘n Bonsai-boompie, Serissa, wat spesiale magte het – pluk een van die boompie se blommetjies en jy kan na enige plek ter wêreld reis.

Op sy reistogte ontmoet Timmie verskeie interessante karakters – daar is Sokkies, die kat, wat in ‘n uil kan verander; Venus, die aandster, wat tekkies dra; ‘n befoeterde dwergie; ‘n seemeeu wat aan allerlei allergieë ly; die skilpadjie, Nunu, wat die hele tyd in die moeilikheid beland en ‘n wreedaardige seerower, sowel as verskeie ander dierekarakters.

Op sy reistogte kry Timmie verskeie opdragte wat hy moet uitvoer om die diere te help. Soms gaan dit moeilik, maar net as ‘n mens dink dat Timmie dit nie sal regkry nie, kom iemand met ‘n slim plan vorendag en seëvier ons jong held.

Timmie se droom-avonture word verskaf met ‘n oudio boek, kleurpotlode asook ‘n swart potlood.

Categories: ,